Kidamor Kleuterskool se visie is om gelukkige kleuters speel-speel te laat ontwikkel en leer, en die wereld vir hom/haar te ontsluit deur liefde en omgee.
Kidamor Kleuterskool is 'n privaat Kleuterskool wat 'n sterk Christelikegrondslag het, en daarom sien ons elke kleuter as 'n individu wat uniek geskape is na die beeld van God.
'n Veilige kleuterskool te wees.
Die kleuters geestelik, verstandelik en Liggaamlik voor te berei vir die wereld daar buite.
Gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning te Bied.
Emosionele stabiliteit aan elke kleuter te Bied.
Om te dien as 'n opvoedkundige sentrum wat ingestel is op die ontwikkeling van voorskoolse kleuters deur bekwame personeel aan te stel wat kleuters lief het en verstaan.
Om in samewerking te tree met ouers/voogde, personeel en ander betrokke partye tot die beste belange van elke kleuter.
Die kleuterskool doeltreffend en suksesvol te bestuur tot voordeel van die kleuters, die skool en die gemeenskap.
Ons doel is om elke kleuter in geheel te stimuleer en die beste voorbereiding te bied vir skoolgereedheid. 'n Gestruktureerde maar informele aanbieding onder uitgewerkte temas sluit die volgende fokus punte in:
* Christelike grondslag deurlopend elke dag
* Perseptuele ontwikkeling
* Geletterdheid
* Gesyferdheid
* Spraak - en Taalvaardighede
* Lewensvaardighede Vryspel - binne en buite.
* Groot - en Fynmotoriese ontwikkeling
* Kreatiwiteit en Verbeelding
* Musiek, Stories en Poppekas
* Emosionele en Sosiale Vaardighede
* Denke en Probleemoplossing
* Voorbereiding vir skrif, spelling en lees
* Waarneming en assesering
Tyd |
Aktiwiteit |
06h30 – 7h30 |
Aankoms |
07h30 – 8h00 |
Ontbyt en Toilet Roetiene |
08h00 – 8h30 |
Godsdiens en Sirkeltyd |
08h30 – 10h00 |
Tema en Klaswerk |
10h00 – 10h30 |
Versnappering en Toilet Roetiene |
10h30 – 11h30 |
Vrye Buitespel |
11h30 – 11h45 |
Opruim en Toilet Roetiene |
11h45 – 12h00 |
Storie Tyd/Poppespel |
12h00 – 12h30 |
Middagete |
12h30 – 13h00 |
Vertrek van Halfdag Kleuters |
13h00 – 14h30 |
Rustyd |
14h30 – 15h00 |
Opstaan en Toilet Roetiene |
15h00 – 15h30 |
Versnapperinge |
15h30 – 17h30 |
Opvoedkundige Aktiwiteite Vryspel Voldag Kleuters Vertrek |